Huisgenootの 29-Mar-18 の目次 (2024)

ホーム/セレブ・ゴシップ/Huisgenoot/29-Mar-18/この号

Huisgenoot|29-Mar-18HIEROOR GONS DIT OP HUISGENOOT.COM1 STORIELYN RAAK ’N SNAARTV-dramas weerspieël die lief en leed van die lewe, soos nou in Binnelanders met die dood van dr. Steve Abrahams (Clint Brink) se seun. So voel julle daaroorClint Brink het in dié episode die rol van Steve uitstekend vertolk. Dit het gelyk asof hy uit sy hart huil. Well done, Clint. Ek was saam met Steve hartseer.FRANCES VAN ASDit was aangrypend. Ons vriende het hul pragtige jong dogter skielik weens siekte verloor. Sy was net drie maande getroud. Dit is verskriklik om ’n kind te verloor.LINDA VAN DER MERWEClint het dit briljant vertolk. ’n Mens kon die rou seer saam met hom beleef. Of jy nou al self so ’n situasie moes deurmaak of nie, dit het jou geruk.WOLLIE PIETERSEOp 3 Januarie is ons kleinseun (16)…7 分
Huisgenoot|29-Mar-18NUWE HOOP NÁ GRU-MOORDSONDER om een keer op te kyk loop sy verby die uitkykpunt waar talle toeriste hulle aan die prentjiemooi omgewing verkyk en foto’s van die bekende Knysna-koppe neem terwyl die helderblou see onder hulle woed.Elsie Zeelie (63) se oë bly stip op die voetpad waarlangs sy die afgelope nege jaar al te veel kere gestap het. Dan stop sy skielik in haar spore en wys na ’n smal, modderige afdraaipaadjie wat tussen die bome uitgetrap is.“Ons moet hier af,” beduie sy en buk onder die takke in. Oor klippe en opdraandes volg sy die paadjie gebukkend onder nog takke deur tot sy eindelik gaan stilstaan. Dan wys sy na ’n bos sowat 30 m verder.“Daar het hulle my dogter se lyk gevind,” sê Elsie amper emosieloos.“Sy is verwurg en was…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18GEBORE VIR DIE VERHOOGOP DIE verhoog doen elkeen hul ding op hul eie manier; ’n pragtige brunet en ’n aantreklike donkerkop wat afsonderlik vir hulle ’n loopbaan as sanger uit eie reg uitkerf.Maar waar hulle vir hul eerste Huisgenoot- voorblad sonder hul bekende ma poseer, is Juanita du Plessis se twee singende spruite, Ruan (28) en Franja (24), net boet en sus. Toe Franja haar broer se gejelde hare wil deurmekaarkrap, raas hy: “Moenie aan my hare karring nie.”Maar hy is ook die beskermende ouboet en terggees wat sy kleinsus op haar gemak wil stel en kaperjolle voor die kamera uithaal om haar te laat giggel. Ruan is vol selfvertroue, maar Franja is skamerig en bloos maklik wanneer sy ’n kompliment kry. Allermins vinkel en koljander, maar die een is so talentvol soos…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18BROOD IS BOBAASDIE jonger garde hou van eksperimenteer in die kombuis. In die Wenresepte-kombuis was dit met vandeesweek se episode ook die geval.Anjé du Pisani van Stellenbosch het ons kom wys hoe sy met haar ouma Nellie se vleisrol toor. Mari Pietersen van Bellville het ’n resep wat sy in ’n Wenresepte-boek opgespoor het, gebruik om brosbeskuit ’n nuwe baadjie te gee.Die wenner, Astrid Roberts van Eersterivier, het begin navorsing doen oor gesond eet toe diabetes by haar broer en ma gediagnoseer word. Dié kennis het sy ingespan vir haar tuisgemaakte oondgedroogde tamaties en vars gebakte brood.DIÉ WEEK SE WENRESEPROOSMARYN-EN-GEDROOGDETAMATIE-BROODLEWER 2 BRODETAMATIESBereiding: 5 min.Bak: sowat 30 min.BROODBereiding: 20 min.Rys: 30-45 min. + 20 min.Bak: 30-35 min.OONDGEDROOGDE TAMATIES▸ 200-250 g vars kersietamaties, gehalveer▸ 15 ml (1 e) seesout▸ 2,5 ml (½ t) vars…3 分
Huisgenoot|29-Mar-18SIT JOU VOET MOOI NEERBlinkersSexy spykerhakke kan ’n voorkoms in ’n kits van vaal in fantasties verander.WighakkeDié skoene is gemaklik en sjiek. ’n Bruin paar met goue skakerings is nou hoog in die mode.SupersjiekTaankleurige hakskoene kan ’n mens se bene langer laat lyk en pas by amper alles.BlinkWees reg vir die dansbaan en skitter in metaalkleurige hakskoene. ’n Roosgoud paar is elegant en veelsydig.StemmigAs jy nie van hoë skoene hou nie, kies tweekleur- of helderkleurige oophakskoene met ‘n katjiehak.PlatformsDié gunsteling uit die 1970’s is terug. Dis ideaal om items soos ’n wyepypbroek te balanseer.TydloosBelê in swart punthakskoene vir werk en uitgaan. Dié klassieke skoen is nooit uit die mode nie.OoptoonDié stewels is nommerpas om jeans en ’n T-hemp deftig te laat vertoon.…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18VAT DIE PAD MET DIÉ APPSDIE Desembervakansie was nie so lank gelede nie, maar jy is klaar weer reg vir ’n blaaskans, of hoe?Maak nie saak of jy jou volgende vakansie of net ’n lekker wegbreeknaweek beplan nie, hier is ’n paar apps wat jou reisplanne sommer baie makliker kan maak. Hulle help jou met byna alles, van waar die naaste OTM is tot wie jy kan bel as jy op ’n wandeltog in die nood beland. En die beste van alles? Dis gratis!TRAIL GUIDE SOUTH AFRICAGratis op iOS en Android.As jy ’n stapper, fietsrygeesdriftige of velddrawwer is, is dié app vir jou. Jy kan nabygeleë staproetes daarmee opspoor en jou soektog aanpas volgens afstand, tydsduur, moeilikheidsgraad en selfs natuurskoon.Die app bied ’n beskrywing van die roete, noodsaaklike inligting, toepaslike pryse en ’n kaart van…5 分
Huisgenoot|29-Mar-18LIEFDE TAAN, MAAR SKULD BLY STAANStuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.DIE liefde is blind, lui die gesegde. En dis alte maklik om nie aan die dag van môre te dink wanneer jy deur jou hart meegesleur word nie. Maar dink liewer mooi voor jy jou beursie so groot soos jou hart oopmaak en pa staan vir jou maat of ’n ander geliefde se finansiële dinge. Want as die liefde byvoorbeeld by die deur uitstap, bly jy dalk met ’n berg skuld agter waarvoor jy wetlik verantwoordelik is.Hier is vyf maniere waarop jy vir jouself ongewenste skuld op die hals kan haal vir ’n geliefde – en hoe om dit te vermy.1 DEUR BORG TE STAANDit is wanneer jou geliefde ’n persoonlike lening…4 分
Huisgenoot|29-Mar-18FOTOBLOKRAAINO. 1970Jy kan ’n Verklarende Afrikaanse Woordeboek of Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek van die uitgewer Pharos (pharos@pharos.co.za) wen. Vul die blokraai in en gebruik die letters in die kleurblokke om die antwoord op die vraag te ontrafel. SMS “HG” gevolg deur jou antwoord, naam en dorp/stad na 36400. Net een SMS per deelnemer word toegelaat. Net mense binne SA grense kan deelneem. Die SMS kos R1,50. Hou die oorspronklike, volledige blokraai met jou besonderhede as bewys. Geen posstukke word as inskrywing aanvaar nie. Geen werknemers of hul gesin van Media24, Grapevine Interactive en hul reklamemaatskappye mag deelneem nie. Die sluitingsdatum is 19 April 2018. Kyk op huisgenoot.com vir die volledige bepalings en voorwaardes.Vra gerus op die Facebook-blad Huisgenoot- Blokraaie ander lesers se raad as jy vashaak.GROOT BLOKRAAIVra gerus op die Facebook-blad Huisgenoot-Blokraaie ander…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18PLAASLIKE FLIEKNOMMER 37Dié Afrikaanse fliek met die Suidooster-akteur Irshaad Ally in die hoofrol word op 1 Junie hier uitgereik, maar dit het reeds oorsee aandag getrek.Die misdaadriller het vroeër vandeesmaand sy internasionale première gehad op die SXSW-rolprentfees in Texas, ’n eerste vir ’n plaaslike fliek.Onder die bekende gesigte in die fliek is die veteraan-akteur Deon Lotz, Sandi Schultz van Binnelanders- en Knapsekêrels-faam en Irshaad se gewese Suidoostermedester Danny Ross.Die fliek handel oor Randal Hendricks (Irshaad), wat kort tevore ’n parapleeg geword het en dan by sy meisie, Pam (Monique Rockman), ’n verkyker as geskenk kry. Hy is kniediep in die skuld by Emmie (Danny), en toe hy sien hoe ’n misdadiger moord pleeg terwyl hy sy bure deur sy nuwe verkyker dophou, beraam hy planne om hom af te pers sodat…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18Nuut op die rakkeBOEKE’N LUIPERD IN MY BEDDeur ANNELIZE SLABBERT (Tafelberg, R260*)“Wat hou ’n mens op ’n plek met soveel uitdagings, het ek dikwels gewonder.“Tot skemer wanneer ek deur my kombuisvenster ‘ons’ twee steenbokkies onder die akasiaboom fyntjies aan die peule sien smul. Of snags wanneer muskiete my zoemend slaaploos maak en die mmmuff-mmmuff van ’n leeu op die sandpad voor die huis my herinner wie baas is. Of vroegoggend wanner ryp die veld wit teen die houtskool takke van die bome verf en ons hoef nêrens heen te jaag nie… Geld kan nie vir so ’n ervaring betaal nie.”Annelize Slabbert se boek, ’n Luiperd in My Bed, is die verhaal van die lodge wat hulle sowat 20 jaar gelede in Botswana begin vestig het. Dit klink na ’n ontbering wat die meeste…5 分
Huisgenoot|29-Mar-18Lucy HaleTERUG OP DIE KASSIELucy (28) sit nie stil sedert sy verlede jaar ná sewe seisoene haar rol as die geliefde Aria Montgomery in PLL vaarwel toegeroep het nie. Sy speel tans die hoofrol in die splinternuwe dramareeks Life Sentence. Sy is ook volgende maand in die riller Truth or Dare te sien.SY IS STELLAIn Life Sentence vertolk sy die hoofrol van Stella Abbott, ’n terminale kankerlyer wat skielik genees word. Sy sien op na Stella, sê Lucy. “Ek is beslis iemand wat altyd 10 stappe vooruit dink. Ek leef nooit in die oomblik nie. Stella doen dit.”EERSTE LIEFDESing is eintlik haar groot passie, vertel Lucy. Sy het in 2003 American Idol se uitloper- kindersangreeks, American Juniors, gewen en in 2014 haar debuut-countryalbum, Road Between, uitgereik.MA SE KINDLucy se jaar oue…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18KOS IN JOU HUIS WAT SLEG IS VIR HONDESLEGTE KOSDRUIWEDruiwe en rosyntjies is uiters gevaarlik vir ’n hond. In die meeste gevalle kan dit hul lewer beskadig en dit kan die dier baie siek maak.SJOKOLADE EN KOEKHoewel teobromien, wat in sjokolade voorkom, nie skadelik is vir mense nie, kan dit dodelik wees vir honde. Teobromien kom natuurlik in kakoabone voor, wat ’n bestanddeel in sjokolade is. Dit kan ’n hond se hart, niere en sentrale senuweestelsel skade aanrig. Koek kan tot diabetes en artritis lei.UIE, KNOFFEL EN SPRIETUIEDié kossoorte kan ’n hond se rooibloedselle vernietig en ook daartoe lei dat jou hond bloedarmoede (anemie) ontwikkel. Rooibloedselle help om suurstof in jou lyf te vervoer.MAKADAMIANEUTEDie neute kan ’n hond swak en bewerig maak, laat opbring en depressief maak. Dit kan hulle ook keer om gemaklik asem te haal en…2 分
Huisgenoot|29-Mar-18’N DUIKSLAG VAN TRAGEDIEDIT was hul eerste wegbreeknaweek sedert hul eersteling se geboorte vyf maande tevore.Hulle het lank na die blaaskans uitgesien – die eerste keer in ’n lang tyd dat hulle weer sorgeloos saam kon kuier soos in die dae voor die verantwoordelikhede van ouerskap begin het.Min het die jong ouers geweet hulle sou met daardie blaaskans ’n stukkie “grondpad” tref, soos hulle dit vandag moedig noem. Want die 29-jarige Pieter van Greunen van Bellville is van sy bolyf af ondertoe verlam nadat ’n fratsongeluk sy lewe daardie naweek in ’n oogwink verander het.Dit is ses maande sedert die traumatiese gebeure op 19 September verlede jaar toe Pieter tydens ’n naweek weg teen die bodem van ’n vlak swembad vasgeduik het.Hier waar hy en sy vrou, Vernene (32), in hul huurhuis in…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18TOE TROU ONS GOU ’N BIETJIE!WEG van die stadsgewoel en blink liggies straal die donkerkop-aktrise in haar wit huisie met sy vrolike rooi deur en rooi vensterrame. Die bosse om die huis is ruig en die wit Weskussand hier op Langebaan blink in die oggendson. Twee vriendelike honde baljaar buite op die grasperk en hap na insekte wat verbyvlieg.Lindie Stander (42) lyk ontspanne in ’n strepiesbloes en kortbroek toe sy haar langs die blonde Susan du Plessis (ook 42) op hul roomkleurige bank tuismaak. Agter hulle versier bont teëls die klein kombuis. Die boekrak is vol leesstof en ’n groot verskeidenheid Xbox-speletjies waarmee die twee hulself soms ure lank kan vermaak.Hulle is pas getroud en straal oor hul nuwe geluk waar hulle eksklusief met Huisgenoot gesels. “Dit gaan uitstekend,” borrel Lindie. “Ons is nou 10…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18TROUKLOKKIES VIR CHARLIEVuil Wasgoed se Joe Gotty, oftewel die akteur Charlie Bouguenon (34), en sy nooi van die Noord-Kaap, Anré Roux (24), hou in April groot makietie in die Wieg van die Mensdom buite Johannesburg wanneer die twee afhaak. Charlie, wat al die afgelope drie jaar op RSG die hartebreker Sebastiaan Vermeulen in Leon van Nierop se radiodrama Hartebreker speel, is ook later vanjaar in die fliek Thys en Trix as Gerard te sien.Anré is ’n opkomende aktrise wat onlangs in die TV-reeks Sterlopers te sien was.Wat het Charlie tot Anré aangetrek? “Haar vrolike lag.”Die paartjie het mekaar in die verbygaan ontmoet. “Met die derde ontmoeting by ’n teateropvoering van War Horse het die vonke begin spat en drie en ’n half jaar later trou ons,” sê Charlie opgewonde.Hy bieg: “Ek’s hopeloos…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18LIEFDE BLOM VIR GAGALady Gaga is skaars sedert sy onlangs die laaste 10 konserte van haar Joanne-wêreldtoer gekanselleer het weens haar voortslepende stryd teen fibromialgie (chroniese pyn).Maar die Poker Face-sangeres het haar blaaskans ten volle benut deur tyd deur te bring saam met Christian Carino, aan wie sy glo verloof is.Die 31-jarige Grammy-wenner en haar 48-jarige kêrel is onlangs in Malibu afgeneem waar hulle inkopies doen en dolverlief lyk. Gaga het aan die begin van verlede jaar met Christian begin uitgaan; hulle is glo al ’n paar maande verloof.Sy het onlangs vertel hoe hy haar deur haar siekte steun. “Die beste deel van lief wees vir iemand is dat hulle daar is om jou te vang as jy val.”Wie is Lady Gaga se nuwe kêrel?Christian Carino is ’n bekende talentsoeker vir CAA (Creative…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18OP DIE ROOITAPYTMIDNIGHT SUN-PREMIÈREArcLight Cinema Hollywood, Los AngelesCHELTENHAM-FEESCheltenham-renbaan, GloucestershirePALEYFESTDolby-teater, Los Angeles…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18SLEEPHEL LAAT MY HUWELIK VOUDIS nou al meer as sewe jaar ná die gruvoorval wat die land geruk het. Op haar lang, pynlike pad na fisieke herstel moes die 32-jarige Kim McCusker al sowat 40 operasies ondergaan nadat sy daardie verskriklike dag in September 2011 byna ’n kilometer ver onder ’n minibustaxi gesleep is.Die vel en weefsel wat van haar rug en arms gestroop is, het intussen weer geheg en genees. Dit moes die einde van Kim se ontbering gewees het. Maar nie voor haar taxisleephel nog ’n slagoffer geeïs het nie: haar huwelik.Die aantreklike blondine praat vandag hier in haar skoonheidsalon in Northcliff, Johannesburg, vir die eerste keer openhartig oor haar egskeiding van Lourens Grobler (43) ’n jaar gelede. Sy is vriendelik en elegant in ’n koningsblou somerrokkie wat die meeste letsels aan…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18DIE VERHOOR TOT DUSVEREugene Stander se moordverhoor het op 19 Februarie in die rondgaande hooggeregshof op Knysna begin.▪ Die algemene praktisyn dr. Servaas de Kock het getuig toe hy Eugene drie dae ná Shantèl se dood ondersoek, was daar merke aan sy arms soortgelyk aan wat by ’n mens gevind sal word wat deur ’n beboste gebied met baie takke geloop het.▪ Jacomina Farnham, ’n destydse kollega van Shantèl, het getuig sy het die dag van haar verdwyning vir haar gesê sy gaan iemand by die Knysna-koppe ontmoet. Jacomina het getuig Shantèl wou geld van Eugene, toe nog ’n motorwerk-tuigkundige, afpers omdat hy glo ’n ambagsertifikaat met sy naam daarop vervals het. Volgens haar was Shantèl steeds lief vir Eugene en wou sy hom op dié manier dwing om hul verhouding te hervat.▪…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18VOLPUNTE VIR VOLGRAANHOEKOM VOLGRAAN?Volgrane bied ’n mens hope heilsaamheid, soos vesel, wat vertering aanhelp, en benewens vele minerale en B-vitamiene bevat dit stysel, proteïen en goeie vette.Die volgrane wat ons eet, is byna nog net soos hulle in die natuur voorkom: Hulle is min verwerk en bevat steeds al drie lae: die semel, wat al die vesel en antioksidante bevat; die endosperm, waarin die stysel en proteïen voorkom; en die kiem, wat onder meer die B-vitamiene, minerale en goeie vette bevat.Die beste keuse is volkernheelgrane (whole-kernel intact grains) wat glad nie verwerk is nie. Meel moet verkieslik klipgemaal wees, want dit verhit nie tydens dié stadige maalproses nie en word ook nie gebleik nie. So bly al die goedheid behoue.Verfynde grane, daarenteen, is grane waarvan die semel en die kiem verwyder is;…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18MENG METALEKOMBUISMetaalkleurige kombuisware wat prakties en versierend is, verdien om gesien te word, byvoorbeeld op swewende rakke. Swart kaste en donkergrys werkoppervlakke sal sorg dat metaalkleurige items die aandag kry wat dit verdien. Voeg plante of kruie by vir ’n bietjie kalmerende groen om die voorkoms te anker.BADKAMER’n Paar silwer, goue en stofpienk items sal jou badkamer warmte gee. Donker tekstuurryke teëls sal met koeler silwer skakerings ’n kontras skep. ’n Mengsel van warm en koel tone, van goud en hout tot silwer en grys, sal jou badkamer weelderig en gemaklik laat voel. Metale en spieëls is ’n wenkombinasie; albei weerkaats lig en laat ’n vertrek groter en helderder lyk.(Blaai om)SLAAPKAMERVul jou kamer met ’n kombinasie van tekstuurryke en natuurlike materiale – hout, glas, sybokhaar, fluweel of leer – wat metale…4 分
Huisgenoot|29-Mar-18GESTEWELKRY DIT HIER: CHARLES & KEITH 021-938-1217, 021-937-4686; FOSCHINI 0860-104-764; MRP 0800-212-535; SPREE.CO.ZA; THE FIX 0860-104-764; WOOLWORTHS 0860 -022-002; ZARA 021-302-1500HOEWEL ONS ALLES IN ONS VERMOË DOEN OM KORREKTE PRYSE TE VERSKAF, KAN FOUTE VOORKOM WAARVOOR HUISGENOOT EN DIE VERSKAFFERS NIE VERANTWOORDELIK GEHOU KAN WORD NIEFRAAIDié mooi stewels kan by jeans met korter pype gedra word vir ’n glansryke voorkoms.BLOK MYSELFOm jou bene langer te laat lyk, dra sokkie- of enkelstewels met blokhakke by ’n broek wat die enkels wys.ENKELDIEPDié seisoen is punt- en spykerhakstewels groot nuus. Dra dit saam met ’n romp of broek wat kort bokant die enkel eindig.TOPWENKE* Stewels kan duur wees, maar onthou, ’n paar van goeie gehalte sal veel langer as ’n minderwaardige paar hou.* Plat stewels en dié met katjiehakke is ’n goeie keuse…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18VERSORG JOU GOUE OUEDIE ouderdom bekruip ons almal, ook ons vierpotige vriende. Dit kan hul lewensgehalte aansienlik verbeter as jy die tekens herken en voorbereid daarop is om hulle te help.Honde word oor die algemeen op sewe as senior beskou, hoewel dit van ras tot ras wissel. Kleiner honde word op agt of nege en groter rasse op vyf of ses jaar as senior beskou. Dit is omdat kleiner honde gewoonlik langer as groteres leef. Maar sommige honde verouder vinniger weens genetika, algehele gesondheid of omstandighede.OUER WORDDie eerste teken dat jou hond sy skemerjare betree, is dat hy “stadig begin raak”. Hulle is geneig om gouer moeg te raak wanneer julle gaan stap, staan stadiger op of is minder geesdriftig oor speelgoed of speletjies. Ongelukkies kan ook in en om die huis of…2 分
Huisgenoot|29-Mar-18LIEWE ELIZESEKS LOS NIE TWIS OP NIEV Ek (23) en my kêrel (25) gaan al ’n paar maande lank uit.Ons sal dikwels baklei (meestal oor familie), opmaakseks hê, en dan gaan ons weer aan asof niks gebeur het nie.Dit pla my. Baiekeer baklei ons oor dieselfde goed.Ons woon nie saam nie. Ons het wel ook darem normale seks. Ek het hom deur ’n vriendin ontmoet.Ek sou met die verhouding wou aangaan as dit nie hiervoor was nie.LA op KAA Opmaakseks los geen probleem op nie. Dis hoogstens ’n hegpleister oor ou en nuwe rowe. Daarom hou julle aan om dieselfde geveg oor en oor te baklei.Hoewel die oomblik se ongebreidelde liefdesdrif julle oënskynlik bymekaarbring, is dit op lang termyn ongesond en stel dit bloot die onvermydelike woordewisseling uit.Die beste raad is…4 分
Huisgenoot|29-Mar-18BLITSBLOKRAAIEKODERAAI NO. 322Vandeesweek se leidraad is ’n Engelse akteur, vervaardiger en musikant se naam. Sy van is Elba, maar jy moet sy naam in die grys blokkies onder die foto invul. As jy ’n "r" ingevul het by die blokkie wat 6 gemerk is, sal al die 6’e in die raaisel r’e wees. Gebruik dié kode om die res van die raaisel te ontsyfer.Die antwoorde vir albei raaisels is op die wenners-en-oplossingsblad.KOPKRAPPERDWARS6 Broek en hemp, bv. (5)7 Opmerk (8)10 Bekoorlik (7)11 Chirurgie uitvoer (7)12 Krag om te werk (7)13 Nie te lank gelede nie (7)14 Batofobie (11)19 Bloedsuiende insek (7)21 Moederkappie, bv. (7)23 By ’n sekere geleentheid (7)25 Smoorkwaad (7)26 Stukkend (8)27 … en elk (5)AF1 Met die verstand (8)2 Hofsaak (6)3 Brosjure (10)4 Korreltjienagereg (4)5 Helder en kalm (6)6…2 分
Huisgenoot|29-Mar-18DVD’SAMERICAN MADE ⋆⋆⋆⋆Riller. Tom Cruise (foto) herstel van die mislukte fliek The Mummy (2017) met ’n riller van ’n ware lewensdrama. Hy werk weer saam met Doug Liman, regisseur van Edge of Tomorrow. Hulle herskep die bisarre verhaal van Barry Seal (Cruise), ’n vlieënier en kleinskaalse smokkelaar wat in die 1970’s deur die Amerikaanse Intelligensiediens gewerf word om op kommunistiese magte in Sentraal-Amerika te spioeneer. Kort voor lank bevind Barry hom in die middel van ’n reusedwelmryk terwyl hy desperaat probeer om ’n normale gesinslewe tuis aan die gang te hou. Om saam met Liman te werk bring die beste in Cruise uit. Ondanks American Made se aksiebelaaide tonele lewer hy ’n donker maar komiese vertolking wat baie van sy aksierol in die Mission: Impossible-flieks verskil. – DENNIS CAVERNELIS2017. 112…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18’n Man moet ’n maat hêFIKSIEBERNOLDUS Labuschagne, alias Likkewaan, reptielspesialis, vrygesel en veeartscum- wildbewaarder op e-Manzi, voel weemoedig.Hy drup ontsmetmiddel op die abses aan die benewelde krokodil se snoet, staar droomverlore na die eindelose Bosveldprag en streel oor sy Magnum-snor.Dit is nog lig, die sagte ligpers voor dit die nag inlui. Gewoonlik is hy mal oor dié vredige tyd van die dag, die rustigheid van diere wat by die watergate staan en suip.Later kies hy kortpad deur die doringbome lodge toe, sy oë en ore bedag op ’n moontlike rampspoedige misverstand met ’n slang of skerpioen. Hy stamp sy jiggroottoon, die gevolg van te veel koffie, en gaan sit op ’n stomp om sy seer toon selfbejammerend te vryf. ’n Man moet ’n maat hê, iemand wat die wilde prag saam met hom kan geniet,…7 分
Huisgenoot|29-Mar-18Kies sodieregtemaatvir jou1 MNR. EN MEJ. GEWILDDié mens kry altyd alles wat hulle wil hê en maak seker niemand staan in die pad van die einddoel nie. Hulle het baie vriende, kan alles doen en is altyd aan die voorpunt wat akademie, sport of kultuur betref. As jy soms voel jy het ’n swak selfbeeld, kan dit ’n bietjie moeilik wees om met hulle in ’n verhouding te wees. Jy kan dalk voel hulle verdien iemand beter as jy. Toemaar, jy het baie ander opsies.2 DIE BESTE VRIENDAlmal ken so iemand – daardie mens wat altyd na alles luister wat jy sê, wat daar is vir jou deur die goeie en slegte tye en met wie jy af en toe kan redeneer. Hulle sal altyd seker maak jy glimlag, maar om die…3 分
Huisgenoot|29-Mar-18KOES, TRUMP, HIER KOM GLORIA!HAAR aanhangers beskou haar as ’n vreeslose prokureur wat vir vermeende slagoffers van seksuele aanranding veg. Vir haar kritici is sy ’n ambulansjagter wat publisiteit soek. Hoe ook al, Gloria Allred is Amerika se beroemdste prokureur en nou het sy Harvey Weinstein, Bill Cosby en Donald Trump in haar visier.TOE Gloria laas vir Trump aangevat het, het sy gewen. Dit was in 2012 en Jenna Talackova, ’n transgender model, is pas uit die Mej. Heelal-kompetisie geskop omdat sy nie ’n “natuurlik gebore” vrou was nie.’n Bekende sakeman wat eendag die politiek sou betree en probeer om Amerika weer groots te maak, was toe mede-eienaar van die kompetisie. Jenna het geweet wie om te kontak. Sy het ’n prokureur in Los Angeles gebel met ’n flair daarvoor om magtige mense uiters…14 分
Huisgenoot|29-Mar-18BAIE TJIENG, MIN BLIENGDIE rykste man op aarde sal seker die grootste, blinkste, vinnigste of duurste van alles koop.Nie Jeff Bezos nie. Die Amazon-baas en sy gesin leef so normaal, dis amper abnormaal, het ’n vriend van die hegte gesin al laat hoor.Jeff se vrou, MacKenzie, het tot enkele jare gelede nog hul kinders met ’n Honda- stasiewa skool toe gekarwei en haar man daarna werk toe.Die saketydskrif Forbes het Jeff (54) onlangs aangewys as die rykste man ter wêreld en boonop die allereerste sentibiljoenêr. (Senti- is ’n voorvoegsel wat honderd beteken). Hy het die honderdbiljoenkerf verbygesteek en met ’n fortuin van $112 biljoen (R1,35 triljoen) die naasrykste man, Bill Gates van Microsoft met sy $90 biljoen (R1,1 triljoen), getroef.G’n wonder sommige ontleders meen hy kan as die rykste man in die geskiedenis…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18EK WIL MY NASATE WEER SIENHY HET op sy dag skurke gejag en tergende moordsake opgelos, maar deesdae wil die geharde speurder iemand heel anders onder oë kry.“Kan iemand wat my 5 kleinkinders ken asb. vir my fotos van hulle stuur. Ek het hulle 4 jaar laas gesien,” het die bekende Pretoriase oudspeurder genl.maj. Karel “Suiker” Britz (73) presies ’n jaar gelede, in April 2017, op sy Facebook-blad gesmeek.Die eens betrokke oupa se pleidooi om sy geliefde kleinkinders weer te sien het nie uit die bloute gekom nie – en dis ook nog nie sedertdien beantwoord nie.Boonop is dit dalk ’n stryd teen tyd, want Suiker se gesondheid gaan agteruit.Die vervreemding van sy kleinkinders is ’n onopgeloste saak wat Suiker weens ’n bitter en jare lange vete tussen hom en sy twee kinders, Kallie Britz…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18MA EN DOGTER VOOR DIE KAMERASy gaan nie vanjaar ’n aanbieder van die volgende seisoen van M-Net se Wedding Bashers wees nie. Die voormalige Mej. Suid-Afrika Cindy Nell-Roberts sê sy mis haar mense net te veel wanneer sy vir die verfilming van die reeks moet reis. “Dit was ’n moeilike besluit, maar ek wil naweke tuis saam met my kinders en man deurbring,” sê sy aan Huisgenoot.Cindy vertel al was dit vir haar lekker om aan die vorige aflewering van die reeks te werk, is sy nie meer bereid om gesinstyd te besnoei nie. “My kinders kom eerste.” Sy wil ook vanjaar fokus op haar liefdadigheidsprojek, Woman 4 Woman, wat voorheen benadeelde vroue ophef en bemagtig. “Ek is in ’n tyd van my lewe waar ek wil teruggee – tyd teruggee aan my kinders en…2 分
Huisgenoot|29-Mar-18‘BEDROG? NIE SÝ MET DIE MOOI HART’DIE spogkantoorgebou van die eens bedrywige sakeonderneming in ’n doodgewone woonbuurt van Boksburg is verlate. Die werknemers is ontslaan en ’n stoflagie bedek die kantoortoerusting en kunswerke teen die mure. Waar die stemme van kliënte tot onlangs in die onthaalarea weerklink het, heers nou ’n morbiede stilte.Hy is deesdae meestal alleen hier, vertel die 43-jarige Deon Pieterse. Op sy lessenaar is stapels moord- en bedrogdossiere van sake wat hy vir sy kliënte ondersoek. As privaat ondersoeker en oudpolisiebeampte is hy maar alte vertroud met skurke.Maar dat sy vrou van die afgelope vier maande nou die beskuldigde in ’n reusebedrogsaak is, kan hy nie glo nie.Deon skud sy kop waar hy vir die eerste keer ’n onderhoud toestaan vandat die Valke Hildegard Pieterse (43) in Desember in hegtenis geneem en aangekla…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18DEUR’N SEKSPES AFGEPERSTOE die Bloemfonteinse skoolseun die dag vroeg in Maart ’n foto op WhatsApp vir ’n mooi meisie stuur, het hy nooit kon dink waar dit sou eindig nie. Beslis nie met die polisie op die spoor van die meesterbrein in ’n p*rnografienetwerk en die inhegtenisneming van ’n mediese student in die Rosestad nie.Dit is ’n week nadat ’n mediese student op Donderdag 8 Maart in ’n lokval deur die polisie vasgetrek is toe Huisgenoot die 14-jarige Jaco Scheepers* en sy ouers, Johan* en Riana*, by hul huis in Bloemfontein ontmoet.Hulle verwerk nog die trauma van die gebeure sedert Jaco op Sondagoggend 4 Maart ’n foto van homself aan ’n meisie gestuur het wie se nommer hy by medeleerders gekry het. Later daardie dag het hy vir sy ma vertel hy…7 分
Huisgenoot|29-Mar-18PENSEN POOTJIESGEKRUMMELDE LAMSLEWER-SCHNITZELSGENOEG VIR 4 MENSEBereiding: 15 min.Verkoel: 30 min.Gaarmaak: 15-20 min.▸ 500 g lamslewer▸ sout en peper▸ meel, vir rol▸ 2 eiers▸ 60 ml (¼ k) melk▸ 250 ml (1 k) brood-krummels▸ olie, vir braaiVIR VOORSIT▸ 300 g wortel-en-kool-mengsel▸ ’n hand vol koljander-blare▸ 30 ml (2 e) mayonnaise▸ 60 ml (¼ k) jogurt▸ suurlemoenwiggies▸ vars roket1 Maak die lamslewer skoon en spoel goed af. Klad droog.2 Sny die lewer in porsies en geur goed met die sout en peper. Rol die lewer in die meel en skud enige oortollige meel af.3 Klits die eiers en melk saam. Doop die lewer in die eier en rol dan in die krummels. Herhaal. Verkoel minstens 30 min.4 Verhit genoeg olie in ’n pan vir vlakbraai. Braai die lewer in sarsies oor matige hitte…5 分
Huisgenoot|29-Mar-18DIE ROK V IR JOU LYFUURGLASSO KAN JY MAAK▪ Beklemtoon jou natuurlike kurwes om jou bo- en onderlyf te balanseer.▪ Stel jou goedgevormde middeltjie en borsgleufie ten toon.KIES DIT▪ Uitgeholde, hartjie-, halter- en V-halse.▪ Oorvoutoppies en -rokke.▪ Sirkel-, A-lyn-, knielengte- en potloodrompe.▪ Heupvaltoppies, -rokke en -rompe.▪ Nousluitende rokke.PEERSO KAN JY MAAK▪ Beklemtoon jou middel en arms. Skep volume om jou bolyf vir ’n gebalanseerde silhoeët.▪ Vermy rokke wat styf om die heupe en dan ook nou tot by die knieë pas.KIES DIT▪ Bootsjaal-, plooi-, wye V-nek- en U-halslyne.▪ Broeke en rompe met ’n hoë middeltjie.▪ A-lyn-rokke en -rompe.▪ Toppies en rokke met vlermuis- en ruchewerkmoue.REGHOEKSO KAN JY MAAK▪ Skep die illusie van kurwes en ’n beklemtoonde middel.▪ Dra jou rokke so kort as wat jy kan om jou bene te beklemtoon.KIES DIT▪ Skouerlose, uitgeholde, ronde…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18BESTE BLOSSERLIGAs jy ’n ligte vel het, kort jy ’n blosser met ’n koel ondertoon, soos ligpienk of rooskleur met ’n ligte tikkie pers of blou. Nog ’n kleur wat goed werk, is sagte perskekleur met ’n geel ondertoon. Dit skakeer goed in by jou ligte gelaat. Donker of helder kleure kan te skel teen jou ligte vel wees. As jy met blosser wil kontoere skep, kies ’n neutrale mat kleur wat ’n skakering donkerder as jou velkleur is.TAANSonbruin velkleure meng goed met kleur. Kry iets helders of ryks, soos appelkoos of koejawel met ’n oranje ondertoon, wat warmte aan die vel sal verleen en dit sal vlei. Enigiets wat te lig is, sal die vel uitgewas laat lyk. Gebruik ’n donkerder blosser, soos ’n diep taankleur, vir kontoere en wend…3 分
Huisgenoot|29-Mar-18IN PURRFEKTE HARMONIEDis gewoonlik ’n geval van die een wat die ander jaag, meestal in ’n stryd om lewe en dood, maar soms sorg Moeder Natuur vir die mees onverwagte vriendskappe. Ontmoet Tintin die oulike eekhoring wat beste maats is met Tiger, ’n 13-jarige mannetjieskat.Dié onpaar paar het ’n hegte band gesmee nadat hul eienaar, Declan Anderson van Denemarke, die klein knaagdier gered het toe dit uit ’n vier verdieping hoë boom val en in sy agtertuin beland.Tintin, wat net een maand oud was, het ’n aaklige borswond gehad wat tydens die val deur ’n tak veroorsaak is. Declan het hom eers uitgelos en gehoop sy ma sou hom kom kry, maar sy het hom ongelukkig verlaat.Hy het toe die knaagdier, ’n Eurasiese rooi eekhoring, gesond gekry. So het die diertjie geheg…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18HUISGENOTJIESSIEN IS GLOKosie se ma kom uit die hospitaal met ’n baba in haar arms. Nog voor Kosie lastige vrae kan begin vra, wink sy hom nader. “Kosie, wil jy nie jou nuwe bababoetie sien wat die ooievaar gebring het nie?” vra sy.“Nee, ek wil liewer die ooievaar sien!”LEON KRUGERHOE NOU?Kennisgewing op herstelwinkel se deur: “Ons herstel enigiets. Klop, asseblief. Deurklokkie buite werking.”F.H. HORNE, HARTENBOSWINDSTILTEV: Hoe ken jy ’n Kapenaar in Pretoria uit?A: Hy loop vooroor asof hy teen die Suidooster beur.MONICA, PRETORIANET ’N BIETJIE LIEFDEOm sy groot liefde vir sy vrou te bewys, swem ’n man oor die diepste rivier, deurkruis die grootste woestyn en klim die hoogste berg ter wêreld. Maar toe skei sy van hom. Hoe dan so?Want hy was nooit tuis nie!WOLLIE, PRETORIAKLETSKOUSPiet: “Kyk jy na…4 分
Huisgenoot|29-Mar-18Tomb RaiderFLIEKSDie storielynLara Croft (Vikander) se pa, die eksentrieke avonturier lord Richard Croft (West), het spoorloos verdwyn toe sy ’n tiener was. Die vurige Lara is nou ’n 21-jarige student in Londen en het geen doel of fokus in die lewe nie. Sy werk as ’n fietskoerier in die Britse hoofstad en kan skaars haar huur betaal. Sy wil haar eie potjie krap en het nie die leisels van haar pa se sakeryk oorgeneem nie, want sy glo hy leef nog. Dan vind sy leidrade wat haar pa agtergelaat het en gaan op reis na sy laaste bestemming: ’n fabelagtige grafkelder op ’n mitiese eiland aan die kus van Japan.Lara Croft 2.0Die Sweedse Vikander (29) het groot skoene om te vul. Sy neem die rol oor by Angelina Jolie, wat Lara…2 分
Huisgenoot|29-Mar-18Laurinda HofmeyrMUSIEKUnieke klankLaurinda is in 2016 deur Nico McLachlan, hoof van die Kaapstadse Musiekakademie, genader om Franse gedigte uit Afrika vir die Afrique Mon Désir-projek te toonset. Dis hoe haar album die lig gesien het. “Die projek was vir my ’n groot uitdaging,” vertel Laurinda (51). “Maar die waagstuk het my baie laat wen. Ek het wonderskone gedigte ontdek en wonderlike mense leer ken,” sê sy. Laurinda, Nico, vier Kongolese musikante en die baskitaarspeler Schalk Joubert het saam Franse gedigte uit Wes-Afrika getoonset. “Vir die album is een van die wêreld se bekendste trekklavierspelers, Régis Gizavo, oorspronklik van Madagaskar, van Parys af ingevlieg om van sy laaste opnames saam met ons te maak. Hy is (in Julie 2017) drie weke ná die opname oorlede.”Afrika My Verlange / Afrique Mon Désir“Nico het…3 分
Huisgenoot|29-Mar-18JOU STERREVir sterrekaart- en ander astrologienavrae, stuur e-pos na sterreweek@huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.BUL20 APR – 20 MEIJou planeet, Venus, beweeg hierdie week in jou teken in, wat goeie nuus vir die lewe oor die algemeen voorspel. Jy behoort met gemak deur die week te kom – of jy nou materiële welvaart of gesondheid na jou wil aantrek. As iemand ’n fladdering in jou hart veroorsaak, sal jy waarskynlik ook baie gemaklik daarmee voel om jou bedoelings bekend te maak.GELUKKIGE NOMMERS30, 4, 10, 33, 27, 51TWEELING21 MEI – 20 JUNJou planeet, Mercurius, het ’n U-draai gemaak en beweeg agteruit; dit kan ’n haakplek of twee veroorsaak. Dit is dus verstandig om ’n alternatiewe plan te hê, of dit nou vir ’n sakevergadering, ’n persoonlike afspraak of ’n reisreëling is. Die goeie nuus…5 分
Huisgenoot|29-Mar-18WatervalleKYK HIER!VICTORIA-WATERVAL, ZAMBIË EN ZIMBABWEDie Victoria-waterval is in die Zambezirivier tussen Zambië en Zimbabwe. Dit is nie die breedste of hoogste waterval ter wêreld nie (sien die kassie heel regs), maar word die grootste waterval ter wêreld genoem omdat dit die grootste is as jy die maksimum hoogte (108 m) met die breedte (sowat 1 700 m, uitgesprei) vermenigvuldig.Dit is net in die nat seisoen ná die somerreën dat die Zambezi op sy volste is (Februarie tot Mei). In die droë seisoen is die waterval heelwat kleiner.Die waterval het sy naam by die Britse ontdekkingsreisiger David Livingstone gekry. Hy was waarskynlik die eerste Europeër wat die waterval gesien het. Dit was op sy ontdekkingsreis in 1855 en hy het dit na koningin Victoria genoem, wat toe die monarg van Brittanje…5 分
Huisgenoot|29-Mar-18DIE STORIE VAN ’N DROOGTEONS vat die N7 uit die Kaap na waar die pad met ’n boog binneland toe draai. In die ry vertel die landskap sy eie verhaal: Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg… na alle kante lê die aarde dor en bruin onder ’n wolkelose hemel. Die landerye is bar en vlamrooi gebak deur die son, so asof dié streek sy bynaam, Rooi-Karoo, gestand doen.As jy nie weet hoe droogte lyk nie, laat die N7 jou wys. Want ons landbougemeenskappe het ’n dringender krisis as grondonteiening op hande.Weens die voortslepende droogte is voedselproduksie in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap erg afgeskaal. Derduisende plaaswerkers en seisoenplukkers se werk is in gedrang en reuseverliese staar boere in die gesig. Weens dié haglike situasie het Suid-Afrika se nuwe landbouminister, Zweli Mkhize, onlangs die drie Kaapprovinsies tot nasionale…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18BERG VAN ’N MOLSHOOP?HY KON ná die toets met reg trots wees: Hy het 11 paaltjies geoes, is as speler van die wedstryd a angewy s en was terug boaan die wêreldboulranglys. Drie voortreflike prestasies.Maar Kagiso Rabada se skitterspel in die tweede toets teen Australië is grootliks vergete; nou gons sportliefhebbers net oor die Protea se vinnige humeur en ’n omstrede skouerbeweging.Suid-Afrikaners het in afgryse toegekyk hoe hy blykbaar opsetlik skouerkontak met die Aussie-kaptein, Steve Smith, maak tydens die wedstryd op 12 Maart op St. George-park, Port Elizabeth. Dit was net nadat hy die Aussie se paaltjie gevat het. Die oomblik is op kamera vasgevang en oor en oor uitgesaai. Die Internasionale Krieketraad (IKR) het nie op hulle laat wag nie en die 22-jarige speler uit twee toetswedstryde geskors.Teen druktyd het Kagiso nog…6 分
Huisgenoot|29-Mar-18DIE SLIMKOP AGTER DIE GLANSGODINHY IS die man aan die sy van een van die mooiste vroue ter wêreld. Maar hy lief vir die glanslewe? Watwou.Prof. André Nel is immers op sy gelukkigste wanneer hy in ’n wit jas agter ’n mikroskoop in ’n laboratorium kan staan. Daarenteen kuier sy vrou, die immergewilde voormalige Mej. Heelal Margaret Gardiner (58), gereeld by die een glanspartytjie ná die ander saam met Hollywood-glansmense soos Angelina Jolie en Julia Roberts.Sy vrou was al 26 keer op Huisgenoot se voorblad, maar André (66) kou maar swaar aan roem en die kollig. Tog beklee hy in sy eie wêreld, dié van akademiese kringe, uit eie reg sterstatus.Dié internasionaal gerekende mediese wetenskaplike navorser op die gebied van nanogeneeskunde het selfs in 2014 in die destydse Amerikaanse president, Barack Obama, se paneelraad…7 分
Huisgenoot|29-Mar-18Besties baljaar in HollywoodWat het die voormalige Jacaranda FM-aanbieder Pulane Sekepe alles aangevang toe sy onlangs vir die aktrise en vervaardiger Anel Alexander in Kalifornië gaan kuier het? Die twee susters (Pulane is aangeneem) het soos ware toeriste die plek platgereis – van Hollywood- boulevard tot die Getty-museum en selfs Griffith-park, van waar hulle die asemrowende uitsig op Los Angeles met die ikoniese Hollywood-teken beleef het.“Pulane was so twee en ’n half weke hier by my en dit was heerlik,” het Anel uit Amerika laat hoor.Die twee aktrises het ook ’n draai gaan maak by CBS Television City, waar hulle in die ateljeegehoor was tydens ’n opname van The Late Late Show van die gewilde TV-persoonlikheid James Corden.“Dit was lekker om weer ’n bietjie toeris te wees in ons nuwe stad en om…1 分
Huisgenoot|29-Mar-18SHIA OOR MA SE VERKRAGTINGHY IS vol woede. En in sy eerste onderhoud sedert hy in 2017 in hegtenis geneem is, vertel die akteur Shia LaBeouf waarom.Shia moes op 10 beleef hoe sy ma, die kunstenaar Shayna Saide, verkrag word, het die Transformers-ster aan die tydskrif Esquire gesê. Hy vertel hy het die verkragting hoor plaasvind.“Toe ek verlede jaar rehabilitasie ondergaan, het hulle gesê ek ly aan posttraumatiese stres,” het hy gesê.Shia (31), wat sedert 2016 met die aktrise Mia Goth (24) getroud is, se inhegtenisneming was weens openbare dronkenskap en wanordelike gedrag.Gelekte beeldmateriaal toon hoe Shia oor sy “miljoenêrprokureurs” spog en ’n rassistiese tirade voer.“Die eerste keer dat ek in hegtenis geneem is, het dit uit dieselfde k** gespruit,” erken hy. “ ’n Ou het op ’n parkeerterrein met sy motor teen my…2 分
Huisgenoot|29-Mar-18Instagram-PLAK-BOEKBLUE IVY, DIE KUNSKENNERBlue Ivy (6) het per abuis op die Wearable Art Gala op ’n skildery deur Sidney Poitier gebie en sowaar R228 000 daarvoor aangebied. Dit was die meeste wat Jay-Z (48) en Beyoncé (36) daarvoor sou betaal. Tyler Perry is toe daarmee huis toe.DIE OULIKE JONES-DOUGLASECatherine Zeta-Jones (48) het ’n foto van haar, haar man, Michael Douglas (73), en hul twee kinders, Carys (14) en Dylan (17), gedeel wat net soos ’n foto van ’n dekade gelede lyk.HALLO, CHICAGO!Kim Kardashian (37) het ’n foto van haar en haar man, Kanye West (40), se babadogter, Chicago, gedeel aan wie ’n surrogaatma in Januarie die lewe geskenk het. Hul ander kinders is North (4) en Saint (2).HAAI DAAR, DELILAHDie model Kimberly Stewart (38), ’n dogter van Rod Stewart (73),…4 分
Huisgenootの 29-Mar-18 の目次 (2024)

References

Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Rev. Leonie Wyman

Last Updated:

Views: 5841

Rating: 4.9 / 5 (59 voted)

Reviews: 82% of readers found this page helpful

Author information

Name: Rev. Leonie Wyman

Birthday: 1993-07-01

Address: Suite 763 6272 Lang Bypass, New Xochitlport, VT 72704-3308

Phone: +22014484519944

Job: Banking Officer

Hobby: Sailing, Gaming, Basketball, Calligraphy, Mycology, Astronomy, Juggling

Introduction: My name is Rev. Leonie Wyman, I am a colorful, tasty, splendid, fair, witty, gorgeous, splendid person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.